Tonnelboerdery is die proses waar verskillende gewasse in ‘n kweekhuis struktuur, waarvan mure en dak hoofsaaklik gemaak is van deursigtige materiaal soos plastiek of net, waarbinne plante wat gereguleerde klimaatsomstandighede vereis, verbou word. Die grootte van strukture wissel van die kleiner skuurformaat tot groot industriële geboue. Die binnekant van so ‘n kweekhuis wat blootgestel is aan sonlig, word waarneembaar warmer as die buite temperature en beskerm sodoende die plante in koue weersomstandighede.

Baie komersiële tonnels of kweekhuise is hoë tegnologie produksie fasiliteite vir groente, blomme of vrugte. Die groentetonnels is toegerus met toerusting soos verhittings- en verkoelingseenhede asook beligting. Die totale opset kan ook d.m.v. rekenarisering opgestel word vir optimale plantgroei omstandighede.