Sunrise Agrifarm bied ‘n volledige reeks besproeingsprodukte vir die boerdery, landbou en mikro besproeing stelsels aan kweekhuis-, landskapuitleg- golfbaan besproeing leweransiers. Ons bied ‘n uitgebreide reeks besproeingsprodukte asook outomatiese waterstelsels aan ons kliënte regoor Suid-Afrika asook Suidelike Afrika. Ons onderneem om jou te voorsien met die mees koste effektiewe en doeltreffende stelsel om jou en jou gewasse se behoeftes te pas. Ons kan jou voorsien met alles wat jy benodig.
Alles wat jy benodig om ‘n volledige besproeingsisteem te skep, of selfs as jy jou bestaande stelsel wil aanpas, het ons tot jou beskikking. Ons ontwerp, voorsien en installeer en ondersteun besproeingsstelsels vir grootskaalse kommersiële doeleindes asook kleiner tuin sprinnkelbesproeingstelsels. Ons kundige en vriendelike personeel kan u voorsien met informasie, advies en oplossings vir al u besproeingsbehoeftes. Ons installeer ten volle outomatiese – asook handgeopereerde stelsels. Ons kan enige stelsel verbind aan boorgate, syferpunte, houertenks of waterpompe.
Ons is trots op ons effektiwiteit en vermoë om uitstaande diens te lewer deur al die fases van die projek insluitende beplanning, ontwerp, installasie asook konstante ondersteuning en diens verskaffing. Dit sluit in versiening, onderhoud en herstelwerk.

Daar is twee tipes besproeingstelsels wat oorweeg kan word in ‘n kweekhuis of tonnel.

DRUPPERLYN

Plante kry hulle voeding vanaf drupperlyn wat op die grond langs plante lê. Die voordeel van die stelsel is dat jou water bestuur asook waterverlies tot die minimum beperk word. Die nadeel egter is dat die stelsel tydens die af seisoen van grondvoorbereiding verwyder moet word en dit kan ekstra arbeid vereis.

OORHOOFSE SPROEIERS

Die metode behels sprinkelkoppe wat bokant die gewasse gehang word en plante word benat deur ‘n sprinkelstelsel. Die stelsel word gewoonlik gebruik by laaggroeiende gewasse soos slaai en spinasie. Die voordeel van die stelsel is dat dit eenmalig geïnstalleer word en gladnie verwyder hoef te word tydens gronvoorbereiding nie. Die negatief is egter dat jy nie al jou water optimaal gebruik nie. Daar sal oorbespuiting plaasvind op areas waar plantwortels dit nie kan benut nie. Die oorhoofse sprinkelstelsel werk ook nie effektief waar gewasse verbou word wat rank soos tamaties wat opgroei rankgewys om vrugte te dra.