INSTALLASIE

Waneer ons kweekhuis strukture ontwerp, is die eerste prioriteit met tonnel boerdery die kwaliteit van die plant omgewing. Om ‘n omgewing te skep waarbinne plante kan groei en floreer terwyl dit beskerm word van die elemente, is sekerlik die prioriteit vir enige kweekhuis. Ons span van toegewyde profesionele, sal jou help om die om die beste struktuur te kies wat aan jou behoeftes voldoen of jy nou tuinboukundige, groente verbouer, universiteitsnavorser of selfs ‘n kleinhandel tuinsentrum bedryf. Hier by Sunrise Agrifarm verstaan ons dat elke kliënt en sy omstandighede uniek is, derhalwe sal ons elke tree saamloop om te verseker dat die waarde van jou opbrengs gemaksimaliseer word.Waneer ons kweekhuis strukture ontwerp, is die eerste prioriteit met tonnel boerdery die kwaliteit van die plant omgewing. Om ‘n omgewing te skep waarbinne plante kan groei en floreer terwyl dit beskerm word van die elemente, is sekerlik die prioriteit vir enige kweekhuis. Ons span van toegewyde profesionele, sal jou help om die om die beste struktuur te kies wat aan jou behoeftes voldoen of jy nou tuinboukundige, groente verbouer, universiteitsnavorser of selfs ‘n kleinhandel tuinsentrum bedryf. Hier by Sunrise Agrifarm verstaan ons dat elke kliënt en sy omstandighede uniek is, derhalwe sal ons elke tree saamloop om te verseker dat die waarde van jou opbrengs gemaksimaliseer word.

Belangrike informasie om te oorweeg by die oprig van ‘n kwekhuis.

  • Sunrise Agrifarm is nie verantwoordelik vir enige windstorm of haelskade nie.
  • Kontrakteurs moet oornag op die terein.
  • Die kliënt is verantwoordelik vir die voorsiening van elektrisiteit by konstruksie terein vir werksdoeleindes.
  • Die kliënt is verantwoordelik vir die skoonmaak en gelykmaak van die grondoppervlak van bouterein.
  • Die kliënt is verantwoordelik vir die voorsiening van sand, semen ten klip op eie koste.
  • Die grawe van gate vir pale en vore is die aankoper se verantwoordelikheid.
  • Net vir plastiese oorvleuel ondersteuning is beskikbaar teen adisionele kosste.

Alle sweiswerk op staal word gedoen met sagte staal sweisstawe en daarna behandel met anti-korosie verf. Noudat al die nodige faktore in plek is soos hierbo bespreek, kan ons nou ons aandag op die tonnel self vestig.

Neem asseblief kennis dat voorbereiding vir alle tipes en groottes tonnels begin op selfde vlak maar verskille kom voor ten opsigte van hoeveelheid en grootte van toerusting benodig asook rakende die hoeveelheid plastiek/net om die struktuur te bedek.

VERSIENING/HERSTELWERK

Kweekhuise is gereeld onderhewig aan die onvoorspelbaarheid van Moeder Natuur. Of jou kweekhuis nou beskadig is deur hael, hoë winde, ‘n tornado, sneeustorm of enige ander onvoorsiene gebeurtenis, Sunrise Agrifarm se tydige reaksie en mobilisasie sal ‘n welkome verligting wees. Ons voorsien nie net permanente kweekhuis reparasies nie maar ook tydelike herstelwerk om jou kweekhuis in die interim funksioneel te hou.

Kweekhuis restorasie en herstel projekte wat ons onderneem varieer grootliks afhangende van die algemene toestand van die kweekhuis se struktuur asook die kliënt se vereistes. Of jy nou ‘n toegewyde gewasverbouer of naweektuinier is, Sunrise Agrifarm kan jou kweekhuis herstel om jou en jou tuin te pas.