
VERVAARDIGING
- Vervaardiging van kwaliteit kweekhuis staal strukture van standaard 10×30 struktuur tot 100 x 100 veelspannige struktuur. Ons akkommodeer enige grootte en in samewerking met die boer en sy behoeftes.Sodoende kan ons tot hulp wees met die daarstelling van ‘n uitlegplan en ‘n kweekhuisstruktuur ontwerp doelgemaak vir die spesifieke omgewing.
- Ons strukture bied u ‘n groeihoogte van 2.7m met ‘n totale hoogte van 4.7m. Die struktuur bied ook ondersteuning aan oes ondersteuningstralies.
- Slegs AA graad staal word gebruik en ons leweransiers kan dit bevestig.
- Ons het kweekhuise voorsien en geïnstalleer dwarsoor Suid-Afrika, Zimbabwe, Botswana en Lesotho. Vervoer kan gereël word.
- Ons kan groot bestellings hanteer en werk op ‘n omkeertyd van 10 dae.
- Ons ontwerp is doelgemaak selfs vir hoëwindareas as gevolg van ons unieke skuinsbeen ontwerp. Ons strukture kan verseker word by meeste van die landbou versekering maatskappye.
- Ons bied u ‘n volledige pakket van voorsiening van die staalstruktuur tot ‘n volledige installasie wat insluit die staalstruktuur, installasie van die plastiek, installasie van die besproeing pompstasie asook die besproeing in die kweekhuis.
- Ons strukturele ontwerp is gebruikers vriendelik en enigeen wat ‘n maatband kan gebruik kan ons kweekhuis oprig met telefoniese ondersteuning, ongeag waar jy jouself bevind.




