
Sunrise Agrifarm het ontstaan in 2016 en het sederdien reuse vordering gemaak rakende verbouing en innovasie. Die gevolg daarvan is dat die onderneming se voetspoor beslag gekry het dwarsoor Suid-Afrika en oor landsgrense heen met vele suksesvolle voltooide projekte. Die meriete van die onderneming word gevind in die vermoë om ‘n omvattende diens te verskaf ten opsigte van ontwerp, fabrikasie, lewering asook die installering van kweekhuistonnels regoor Suid-Afrika asook die Sub-Sahara streek. Ons is bevoegd om tydige projekvoltooing, deurentydse projekbestuur asook streng begrotingskontrole te voorsien.



Wat is tonnelboerdery?
Tonnelboerdery is die aanplant van verskillende gewasse in ‘n tonnelstruktuur waarvan dak en mure hoofsaaklik vervaardig is van deursigtige plastiek of skadunet. Plante en gewasse wat gereguleerde klimaatsomstandighede vereis word hierbinne verbou. Struktuurformaat kan wissel van die kleiner skuur tot groot industriële geboue. Die plante word teen koue weersomstandighede beskerm deurdat die binnekant van so ‘n kweekhuis wat blootgestel is aan sonlig, waarneembaar warmer as die buite temperatuur is.
Komersiële tonnels of kweekhuise is meestal hoë tegnologie produksie fasiliteite vir groente, blomme of vrugte. Toerusting soos verhittings- en verkoelingseenhede asook beligting, word allerweë in groentetonnels gevind. Deur middel van rekenarisering kan die hele opset opgestel word vir die optimale omstandighede vir plantgroei.
Ventilasie vir ‘n kweekhuis?
Ventilasie is een van die belangrikste komponente vir ‘n suksesvolle kweekhuis. As daar nie genoegsame ventilasie is nie, kan dit lei tot wederkerige probleme. Die hoofdoel van ventilasie is om temperatuur en humiditeit te reguleer tot optimale vlakke, ten einde te verseker dat sirkulasie van lug plaasvind en sodoende die opbou van plantpatogene te verhoed (patogene wat floreer in die afwesigheid van lug sirkulasie).
Ventilasie vereseker verder die voorsiening van vars lug vir volhoubare fotosintese en plant respirasie en bemagtig belangrike polineerders toegang tot die kweekhuis se oes.
BELANGRIKE PUNTE OM TE ONTHOU INDIEN JY VAN VOORNEMENS IS OM JOU TOT TONNELBOERDERY TE WEND:
- Ken jou mark- Jy moet kundig wees t.o.v. markaanvraag m.b.t. die produk wat jy wil verbou.
- Watervoorsiening- Maak seker dat daar voldoende beskikbare watervoorraad is vir jou projek. In hoë seisoen kan waterverbruik tot 2500l per dag wees.
- Hidroponies of grond– Sou u met grondverbouing voortgaan, maak seker van die grondkwaliteit of laat dit eers toets.
- Tonnelhoogte en ventilasie– Normale hoogte word bepaal deur tipe plante wat verbou sal word.
- Opleiding en bestuur- Deur opgeleide personeel aan te wend kan opbrengswinste verhoog word.
- Grootte van projek- Elke projek kan afsonderlik bestuur word. Groter personeelmag word nie noodwendig benodig nie siende dat dit ook winsgewendheid kan beïnvloed
- Area en tipe klimaat- Area speel ‘n groot rol in tonnelboerdery aangesien sommige streke onderhewig is an hoë hitte en sterk winde en andere weer baie koud kan wees met selfs sneeu.
- Kweekhuise tonnels kan beskerm word met plastiek of skadunet bedekking wat weersomstandighede se effek kan minimaliseer. Die kweekhuise of tonnels is robuust gebou en werk goed in alle weersomstandighede.



VOORDELE VAN KWEEKHUIS TONNELS
- Groei dwarsdeur die jaar in alle seisoene.
- Verhoogde oesopbrengs.
- Beskerm teen peste en siektes.
- Besparing op bemesting.
- Maksimum opbrengs in kwaliteit en hoeveelheid in vergelyking met oop nie -beskermde eenhede.
- Ideaal vir klimaatkontrole.
- Beskerm plante teen gure weer en solar bestraling.
TIPE TONNELS
- Groentetonnels
- Boomtonnels
- Vistonnels
- Krokodiltonnels
- Sampioentonnels
- Meerspannige- of enkeltonnels
- Plastiesetonnels of nethuistonnels
