
Sunrise Agrifarm bied ook indiens opleiding aan:
Die opleiding behels teoretiese en praktiese opleiding gedurende verskillende fases van die groeiperiode, instandhouding van basiese water kwaliteit, beheer en onderhoud van besproeingstelsel en die bedryf van basiese roetine operasies in ‘n gedefinieerde hidroponiese konteks. Boere en plaaswerkers wat betrokke is in die hidroponiese boerdery en plante.
- Hoe om te begin (beplanning).
1.1 Water kwaliteit en hoeveelheidsbepaling vir tonnelboerdery.
1.2 Bestuur van tonnels.
1.3 Bemarking van produkte.
- Tonnel onderhoud en instandhouding.
2.1 Voorbereiding van die binnekant van die tonnel
2.2.1 Die lê van plastiek vloerbedekking
2.1.2 Die verpakking in plantsakke.
2.1.3 Die spasiëring van drupperpype.
2.1.4 Toetsing van ‘n drupperstelsel.





Sunrise Agrifarm se kweekhuistonnels word vervaardig om maklik oprigbaar te wees in doen dit self pakkette. Ons lewer af regoor Suid-Afrika en al ons kliënte is welkom om dit self by ons plaas te kom haal. Ons voorsien ons kliënte met installasie handleiding instruksies wat jou stap vir stap lei om jou eie installasie te behartig. U bespaar geld deur u eie oprigting te behartig en die voordeel van die ervaring van die oprigting behoort aan jou. Indien u buite ons landsgrense bly sal ons u help met uitvoer permitte asook met die vind van ‘n koerier om die sflewering te behartig.
STRUKTUUR
- Ons gebruik slegs A graad sagtestaal vir die struktuur van die kweekhuis tonnel.
- Om die struktuur te galviniseer is ‘n ander opsie.
- Die struktuur is spesifiek ontwerp vir ideale ventilasie en klimaatkontrole.
PLASTIEK
- Ons gebruik 200 mikron plastiek vir die bedecking van ons kweekhuis tonnels.
- Die plastiekfilm bevat spesiale UV stabiliseerders met verbeterde chemise weerstand in vergelyking met normale stabiliseerders.
- Die ant-mis byvoegsel verhinder die drup van wat op plante en help ook met die vermindering van lig transmissie.
