SKADUNET
Elke gewas het sy eie behoeftes aan sonlig en skadu waarin dit optimaal floreer. Om optimale klimaatsomstandighede te skep is die keuse van die korrekte persentasie skadunet faktor uiters belangrik vir maksimum opbrengs. Landbou skadunet is beskikbaar in verskillende kleure en kombinasies. Ons gebruik 20%/40%/60%/70% landbou skadunet.
PALE
Ons gebruik CCA behandelde 75-100/100-125 SABS goedgekeurde pale – 3.6m hoog. 6m x 6m konstruksie is ‘n standaard grootte. Pale word behandel met ‘n preserveermiddel wat koper, chroom en arseen bevat wat pale se lewensduur verleng. Gegalviniseerde 90mm x 2mm of 60mm x 2mm pale is opsioneel beskikbaar om verder aan kliënt se behoeftes te voldoen.
VOORDELE
Help met die kultivering van groente asook blomplante, blaarplante, medies-/aromatiese plante en kruie. Help om natuurlike weerversteurings soos wind, reën, hael en ryp asook voëls en insekte se effek te mimimaliseer. Die gevolg hiervan is ‘n gunstige mikro omgewing vir optimale produksie.
SKADUNET
- 6-10% Skadu Wit
- 12-40% Skadu Wit
- 18-50% Skadu Wit
- 25-40% Skadu Wit & Grys
- 30% Skadu Swart
- 40% Skadu Swart & Groen
- 50% Skadu Groen
- 70% Skadu Swart
- 80-85% Skadu Swart
TOEPASLIK VIR
- Druiweboorde en vrugte.
- Groente gewasse soos tamaties, rissies en komkommers.
- Vrugte soos waatlemoen en grenadelas.
- Gemengde groentes.
- Aarbeie, appelliefies, asters en rose.
- Kopslaai, blomkool, kool en sekere orgidee variteite.
- Potplante, orgidee en irises.
- Varings, palms, viooltjies en huisplante.
- Skadu vir lewende hawe.





