SUNRISE STANDAARD TONNEL

10mx30mx4m)
Lengte kan varieer maar wydte nie.
Vervaardig van hoogste kwaliteit staal en plastiek.
Dit is die standaard tonnel vir alle areas maar die warmer areas mag adisionele vekoelingsmetodes benodig. Die tonnel het ventilasie flappe aan beide eindpunte.

SUNRISE OPROLTONNEL

(10mx30mx4m)
Lengte kan varieer maar die wydte nie.
Die tonnel bied meer ventilasie opsies met ventilasieflappe aan beide eindpunte asook oprol sykant aan elke sy, wat dit meer veelsydig maak in warmer toestande met 360 grade ventilasie.

SUNRISE VEELSPANNIGE TONNELS

Veelspannige tonnels is multi structure wat aanmekaar gelas is. Dit vorm een gemeenskaplile interne struktuur en word nie verdeel deur plastiekmure tussen tonnels nie. Die voordeel is dat een verhittingstelsel gebruik kan word vir veelvuldige tonnels.

STOKPERDJIE TONNELS

(6m x 12m)
Die tonnel is meer gespits op die kleinboer of stokperdjie verbouer. Dit is beskikbaar of as standaard, of met oprol sykante. Kan maklik op sleepwaentjie vervoer word en die oprigting is ook vir die doen dit self persoon.

SUNRISE NETHUISE

Nethuise en geraamde strukture word vervaardig van staalpyp of hoekyster of hout met poliuretaan UV behandelde net beskerming. Dit verskaf ‘n gedeeltelike gekontroleerde omgewing deurdat lig intensiteit verminder word en plante sodoende van sonskade beskerm word.

STANDAARD GROOTTE VAN KWEEKHUISE

3m x 6m
5m x 6m
5m x 9m
6m x 9m
6m x 12m
10m x 15m
10m x 30m
20m x 30m Veelspannig
30m x 30m Veelspannig